Crack

Twee gram crack.
Die kookproses waardeur crack gevorm word.

Crack of crack-kokaïen is ’n rookbare en waarskynlik die mees verslawende vorm van kokaïen wat in 1961 internasionaal verbied is. Die dwelm word gekook saam met ammoniak of ’n ander basis, waarna die oortollige vog verwyder word. Nadat dit uitgedroog is, kan dit gerook word deur dit op ’n strokie aluminiumfoelie te plaas en dit van onder af te verhit. ’n Glaspyp kan ook gebruik word.

Dikwels word crack met te veel natriumwaterstofkarbonaat (koeksoda) of ander basispoeier uitgekook sodat ’n deel van die poeier nie oplos nie en die uiteindelike hoeveelheid crack meer word. Hierdie "vervuiling" veroorsaak die kenmerkende geknetter waarvandaan die naam crack kom. In verhouding met ander dwelms is crack duur, maar die prys is redelik stabiel.[1]

  1. "Trimbos-instituut – Prys van kokaïen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2015. Besoek op 5 Maart 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search